Eerste uitgawe
Registrasiegids n Handleiding by die registrasie van watergebruik ingevolge die Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998)
Departement van Waterwese en Bosbou n Handleiding by die Registrasie van Watergebruik
Ingevolge die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet No 36 van 1998)
Uitgegee deur die
Departement van Waterwese en Bosbou
Privaatsak X313
PRETORIA
Republiek van Suid-AfrikaTel: 336 7500Faks: 323 4472
Kopiereg voorbehou
Geen deel van hierdie publikasiemag op enige wyse gereproduseer wordsonder volle erkenningvan die bron nie ii
OOGMERG EN STRUKTUUR VAN HIERDIE REGISTRASIEGIDS
Hierdie Registrasiegids verduidelik hoe watergebruikers hulle watergebruik by die Departement van Waterwese en Bosbou moet registreer.
Dit begin met 'n afdeling wat verduidelik hoe 'n mens hierdie Gids moet gebruik en 'n nuttige "padkaart" van die Gids bevat. Dit word gevolg deur -
n oorsig van watergebruiksregistrasie: hoekom watergebruikers hulle watergebruik by die Departement moet registreer, watter gebruikers wel moet registreer en watter nie, en wanneer hulle moet registreer n paar omskrywings van belangrike terme wat gebruikers sal help wanneer hulle hulle vorms invul praktiese inligting oor die watergebruik-registrasievorms en hoe om dit in te vul
Ten slotte verstrek die Gids 'n lys bronne van hulp met registrasie en besonderhede oor die onderskeie kantore van die Departement van Waterwese en Bosbou deur die land waar gebruikers vorms kan bekom en hulp kan kry met die invul van die vorms.
INHOUDSOPGAWE
INHOUDSOPGAWE
AFDELING 1: HOE OM HIERDIE GIDS TE GEBRUIK... 1-1
AFDELING 2: REGISTRASIE VAN WATERGEBRUIK... 2-1
Hoekom registreer? ...2-1
Wat is registrasie?...2-1
Wie hoef NIE te registreer nie?... 2-2
Wie MOET hulle watergebruik registreer?...2-2
Wanneer moet gebruikers registreer? ... 2-2
Hoe word gebruikers geregistreer?... 2-3
Wat kos dit om te registreer?... 2-3
Registrasie is geen gebruiksreg nie... 2-3
AFDELING 3: OMSKRYWINGS VAN DIE TERME GEBRUIK IN REGISTRASIE... 3-1
Kategorie A-myne...3-1
Kategorie B-myne ...3-1
Kategorie C-myne ...3-1
Damme met 'n veiligheids-risiko...3-1
Huishoudelike afvalwater ... 3-2
Besoedeling...3-2
Afval...3-2
Afvalwater...3-3
Waterhulpbron...3-3
Watergebruike...3-3
Artikel 21(a): Neem van water uit 'n waterhulpbron ... 3-3
Artikel 21(b): Opgaar van water...3-3
Artikel 21(c): Belemmering of wegkeer van die vloei van water in 'n waterloop...3-3
Artikel 21(d): Deelname aan 'n stroomvloedverminderingsbedrywig-heid...3-3
Artikel 21(f): Storting van afval of water wat afval bevat, in 'n waterhulpbron deur middel van 'n pyp, kanaal, riool, see-uitloop of ander geleiding...3-4
Artikel 21(g): Beskikking oor afval op 'n wyse wat nadelig op 'n waterhulpbron kan inwerk ... 3-4
Artikel 21(h): Wegdoening, op enige wyse, van water wat afval bevat van, of wat verhit is in, n industriële of kragopwekkings-proses...3-4
Artikel 21(i): Verandering van die bedding, walle, loop of kenmerke van 'n waterloop...3-4
Artikel 21(j): Verwydering, storting of wegdoening van water wat ondergronds gevind is,indien dit nodig is vir die doeltreffende voortsetting van 'n bedrywigheid of vir dieveiligheid van mense ... 3-4
Artikel 21(k): Gebruik van water vir ontspannings-doeleindes ... 3-5
Waterdienste-verskaffer...3-5
Watervoorsiening...3-5
Sanitasie...3-5
AFDELING 4: TOELAATBARE WATERGEBRUIK ... 4-1
Gebruik van water...4-1
Bylae 1-watergebruik ...4-1
Bylae 1 in besonderhede...4-1
Bestaande wettige watergebruik...4-1
Algemene magtigings om water te gebruik... 4-2
Registrasie en die algemene magtigings...4-2
Lisensies en die algemene magtigings ... 4-3
INHOUDSOPGAWE
AFDELING 5: OORSIG VAN DIE REGISTRASIEVORMS...5-1
Registrasievorm...5-1
Verandering van persoonlike besonderhede...5-1
Verandering van eiendomsreg op 'n eiendom ...5-1
Byvoeging van 'n nuwe watergebruik ...5-1
Prysgewing van 'n geregistreerde watergebruik...5-2
Nommers van registrasievorms...5-2
Registrasie: Deel 1-vorms ...5-2
Registrasie: Deel 2-vorms...5-2
Nommers van aanvullende vorms...5-3
Belangrike opmerkings by die invul van u vorms...5-3
AFDELING 6: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 1 VAN REGISTRASIE IN TE VUL...6-1
Deel 1-vorms...6-1
Besonderhede van die aansoeker...6-1
DW 758 Maatskappy of besigheid; nasionale of provinsiale regering ...6-1
Eiendom waarop watergebruik plaasvind...6-2
Gehuurde eiendom ...6-2
Een eiendom, baie gebruikers...6-2
Een persoon, baie eiendomme...6-2
Watergebruike of bedrywighede...6-3
Verklaring deur aansoeker...6-3
AFDELING 7: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL...7-1
Deel 2-vorms ...7-1
Wysigings...7-1
Bestaande magtigings ...7-1
DW760 Registrasie Deel 2A: Neem van water uit 'n waterhulpbron...7-2
Beskrywing van watergebruik...7-2
Bestaande magtiging...7-2
DW787 Aanvullende vorm: Neem van water uit 'n waterhulpbron - Inligting oor besproeide lande en gewasse...7-3
Onttrekking vir besproeiing...7-3
Besproeiing-skedulerings-metodes...7-4
Metodes om besproeiings-doeltreffendheid te verhoog...7-4
DW761 Registrasie Deel 2B: Opgaar van water...7-5
Opgaar van water...7-5
Water wat nie afval bevat nie...7-5
Afvalwater ...7-6
Bestaande magtiging...7-6
DW762 Registrasie Deel 2B:Opgaar van water - Damveiligheidsregistrasie...7-7
Algemene inligting...7-7
Ligging van dam...7-7
Klassifikasie-inligting...7-8
Tegniese inligting...7-8
Bestaande magtigings...7-8
Registrasie Deel 2C: Belemmering of wegkeer van die vloei van water in 'n waterloop...7-9
INHOUDSOPGAWE
Aard van bedrywigheid...7-9
Waterhulpbron-inligting... 7-9
Belemmering van vloei ... 7-9
Wegkeer van die vloei ...7-10
Beskrywing van bedrywigheid...7-10
Bestaande magtiging...7-10
Waterhulpbron-inligting... 7-11
Beskrywing van watergebruik ... 7-11
Bestaande magtiging... 7-11
DW765 Registrasie Deel 2E: Deelname aan 'n beheerde bedrywigheid: Besproeiing van enige grond met afval of water wat afval bevat wat deur enige industriële bedrywigheid of deur 'n waterwerk voortgebring is...7-12
Beskrywing van afvalwater...7-12
Beskrywing van besproeiing...7-12
Bestaande magtiging...7-12
DW766 Registrasie Deel 2F: Storting van afval of water wat afval bevat, in 'n waterhulpbron deur middel van 'n pyp, kanaal, riool, see-uitloop of ander geleiding ...7-13
Beskrywing van afvalwater...7-13
Beskrywing van watergebruik ...7-13
Bestaande magtiging...7-13
DW767 Registrasie Deel 2G: Beskikking oor afval op 'n wyse wat nadelig op 'n waterhulpbron kan inwerk...7-14
Aard van afval waaroor beskik gaan word ...7-14
Huishoudelike afvalwater...7-14
Mynresidu-storting...7-15
Bestaande magtiging...7-15
DW768 Registrasie, Deel 2I: Verandering van die bedding, walle, loop of kenmerke van 'n waterloop...7-16
Besonderhede van die watergebruik ...7-16
DW805 Registrasie Deel 2J: Verwydering, storting of wegdoening van water wat ondergronds gevind is, indien dit nodig is vir die doeltreffende voortsetting van 'n bedrywigheid of vir die veiligheid van mense...7-17
Besonderhede van die watergebruik ...7-17
Bestaande magtiging...7-17
DW806 Registrasie Deel 2K: Watergebruik vir Ontspannings Doeleindes ...7-18
Waterhulpbron-inligting...7-18
Beskrywing van watergebruik ...7-18
Bestaande magtiging...7-18
AFDELING 8: BRONNE VAN HULP MET REGISTRASIE EN KONTAKBESONDERHEDE IN DIE DEPARTEMENT VAN WATERWESE EN BOSBOU... 8-1
: HOE OM HIERDIE GIDS TE GEBRUIK
AFDELING 1 HOE OM HIERDIE GIDS TE GEBRUIK
Gebruik die "padkaart" hieronder om u vertroud te maak met die inhoud van die Gids.
Afdeling 1
Hoe om hierdie gids te gebruik
Afdeling 2 Die proses van registrasie: hoekom, wie, hoe en wanneer.
Registrasie van watergebruik
Afdeling 3 'n Paar nuttige omskrywings van terme, asook 'n paar tegniese definisies wat nodig is om Deel 2-vorms te kan invul
Omskrywings
Afdeling 4 U sal dit moet verstaan om party van die
Toelaatbare watergebruik vorms in te vul
Bylae 1-gebruik van water
Bestaande wettige gebruik
Algemene magtigings om water tegebruik
Lisensies
Afdeling 5
Oorsig van registrasievorms
Struktuur en benadering van die vorms
Afdeling 6
Deel 1-vorms - gebruikersbesonderhede
Deel 1-vorms vir verskillende soorte gebruikers
Afdeling 7 Deel 2-vorms vir verskillende soorte watergebruik
Deel 2-vorms - watergebruik
Afdeling 8 Waar om die vorms en hulp by die invul daarvan te kry
Hulp met registrasie
: REGISTRASIE VAN WATERGEBRUIK
AFDELING 2 REGISTRASIE VAN WATERGEBRUIK
HOEKOM REGISTREER?
Die registrasie van watergebruik word by artikels 26 (c) en 34 van die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet No. 36 van 1998), vereis. Daar is verskeie redes waarom watergebruikers hulle watergebruik by die Departement van Waterwese en Bosbou moet registreer. Die belangrikste is -
om waterhulpbronne te bestuur en te beheer met die oog op beplanning en ontwikkeling om waterhulpbronne te beskerm teen oorgebruik, skade en invloede om billike toewysing van water aan gebruikers te verseker
Registrasie is ook die eerste stap in die verhaling van die ware en werklike koste van watergebruik op 'n billike en stelselmatige wyse. Die fondse só verkry, sal weer gebruik word om bogenoemde doelwitte te bereik.
Registrasie strek die hele land tot voordeel, nie net die watergebruikers nie.
Suid-Afrika is een van die lande in die wêreld wat die grootste waterskaarste het. Die land is feitlik reeds wat internasionaal genoem word 'n land "onder waterspanning". Daar word geraam dat al ons varswaterhulpbronne oor 20 tot 30 jaar ten volle toegewys sal wees, afhangende van die ekonomiese groei.
Die invloed van afvalstortings op waterhulpbronne kan die waarde van die water vir ander gebruik beperk. Kontaminasie kan ook tot gesondheidsprobleme lei en die wateromgewing beskadig.
Goeie waterhulpbronbestuur en langtermynbeplanning is dus noodsaaklik vir Suid-Afrika. Hiervoor is dit belangrik dat ons weet hoeveel water ons het, wie dit gebruik en waar dit gebruik word.
WAT IS REGISTRASIE? Registrasie is die proses waardeur die Departement van Waterwese en Bosbou amptelik in kennis gestel word van 'n watergebruik.
Registrasie word vereis ingevolge 'n kennisgewing wat kragtens die Registrasieregulasies uitgereik word, of ingevolge 'n algemene magtiging wat in die Staatskoerant gepubliseer word.
n Watergebruik word geregistreer deur die amptelike vorms in te vul.
: REGISTRASIE VAN WATERGEBRUIK
WIE HOEF NIE TE REGISTREER NIE?
Die volgende watergebruike hoef NIE geregistreer te word nie:
Watergebruik wat in Bylae 1 van die Nasionale Waterwet genoem word (sien Afdeling 4).
Watergebruik wat uitgesluit is van die vereiste om geregistreer te word ingevolge 'n kennisgewing uitgereik kragtens die Registrasieregulasies, of ingevolge 'n algemene magtiging (sien Afdeling 4)
Watergebruik wat deel uitmaak van die dienste van 'n waterdiensteverskaffer soos 'n plaaslike owerheid (munisipaliteit) of 'n waterraad. 'n Voorbeeld hiervan is water en sanitasie wat deur 'n munisipaliteit aan huishoudings verskaf word. Individuele huishoudings hoef nie geregistreer te word nie, maar die munisipaliteit moet sy watergebruik laat registreer.
Watergebruik wat kragtens die Nasionale Waterwet gelisensieer is.
WIE MOET HULLE WATERGEBRUIK REGISTREER?
Individue, soos boere, kleinboere, grondeienaars of huurders
Gemeenskappe, soos gemeenskapsondernemings, groepe tradisionele boere
Die nasionale of provinsiale regering
Maatskappye en besighede, insluitende vennootskappe, publieke maatskappye, maatskappye sonder winsoogmerk, garansiemaatskappye, buitelandse maatskappye, ingelyfde private maatskappye, beslote korporasies, ens.
Watergebruikersverenigings
Waterdiensteverskaffers, insluitende waterrade en plaaslike owerhede
WANNEER MOET GEBRUIKERS Vanaf 8 Oktober 1999 moes alle NUWE watergebruike geregistreer word soos uiteengesit in die algemene magtigings (sien Afdeling 4).
REGISTREER? Die Departement van Waterwese en Bosbou sal met verloop van tyd kennisgewings in die Staatskoerant publiseer vir bepaalde opvanggebiede of waterbestuursgebiede en waterhulpbronne waarin vereis sal word dat bestaande watergebruike geregistreer word.
Die kennisgewings sal die tydperk spesifiseer waarbinne die registrasie moet plaasvind. Dit sal tipies binne 60 dae ná die datum van die kennisgewing wees.
Wanneer die kennisgewing verskyn, sal watergebruikers ook op ander maniere in kennis gestel word dat hulle moet registreer, byvoorbeeld advertensies in plaaslike koerante en op die radio.
Vra u plaaslike Departementele kantoor of 'n kennisgewing dat watergebruik geregistreer moet word, reeds in u omgewing gepubliseer is.
: REGISTRASIE VAN WATERGEBRUIK
HOE WORD GEBRUIKERS GEREGISTREER?
Registrasievorms is beskikbaar by enige kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou (sien Afdeling 8). Om u watergebruik te registreer, moet die ingevulde registrasievorms by die Departement ingedien word.
Registrasie kan nie afgekeur of van die hand gewys word indien dit 'n wettige watergebruik is nie.
Onvolledige vorms kan aan die watergebruikers teruggestuur word en registrasie kan opgeskort word totdat al die nodige inligting verskaf is.
n Registrasiesertifikaat met die registrasienommer daarop sal uitgereik word sodra die vorms verwerk is.
WAT KOS DIT OM TE REGISTREER?
Registrasie is gratis indien u u aansoek om te registreer indien binne die tydperk vermeld in die kennisgewing. Indien u onnodig uitstel, sal u dalk vir die verwerking van u registrasievorms moet betaal.
Registrasiesertifikate word gratis uitgereik in die geval van die eerste sertifikaat en van geldige wysigings van die registrasiebesonderhede.
Herdrukke van verlore registrasiesertifikate kan teen betaling van die vervangingsgeld verkry word van die Departementele kantoor wat die sertifikaat uitgereik het.
REGISTRASIE IS Registrasie beteken nie 'n reg om water te gebruik nie. GEEN
Registrasie kan beskou word as die eerste stap om u as 'n watergebruiker by die
GEBRUIKSREG
Departement van Waterwese en Bosbou te vestig.
NIE
: OMSKRYWINGS VAN TERME GEBRUIK IN REGISTRASIE
AFDELING 3 OMSKRYWINGS VAN DIE TERME GEBRUIK IN REGISTRASIE
Algemene omskrywings van sleutelbegrippe in die registrasieproses word hier verstrek om die watergebruiker te help om die registrasievorms in te vul. Tegniese definisies vir sekere dele van die Deel 2-vorms word ook ingesluit.
Bioafbreekbare nywerheidsafvalwater is afvalwater wat 'n hoë konsentrasie organiese afval bevat wat afkomstig is van nywerheidsbedrywighede en -terreine.
Bioafbreekbare nywerheidsafvalwater bevat nie stowwe wat in die omgewing kan akkumuleer, soos swaarmetale en langdurige organiese verbindings, nie.
Bioafbreekbare nywerheidsafvalwater word voortgebring deur bedrywighede soos -
melkverwerking die vervaardiging van vrugte- en groenteprodukte suikermeulens die vervaardiging en bottelering van niealkoholiese drankies en water die produksie van alkoholiese drank in brouerye, wynmakerye en mouterye die vervaardiging van dierevoedsel uit plant- of diereprodukte die vervaardiging van gelatien en lym uit velle, huide en been abattoirs visverwerking en voerkrale
Myne word in drie kategorieë verdeel volgens die potensiële inwerking wat MYNE hulle mynbedrywighede op waterhulpbronne kan hê: Kategorieë A, B en C.
Kategorie A-myne
Alle goud- en steenkoolmyne, ongeag hulle grootte.
Enige myn wat enige ekstrasiemetallurgiese proses gebruik, met inbegrip van hooploging. Dit sluit die meeste ander edel- en onedelmetaalmyne in.
Enige myn waar piriet in die mineraalafsetting voorkom.
Kategorie B-myne
Myne wat 'n potensieel beduidende en/of blywende invloed kan hê op slegs die nie-watergehalte-aspekte van die wateromgewing, soos die lewering of beskikbaarheid van water, rivierdinamiek, oewergebruik, ens.
Kategorie C-myne
Alle ander myne, met inbegrip van groot myne wat geen beduidende inwerking op die wateromgewing het nie en myne en prospekteerbedrywe met min of klein inwerking.
DAMME MET 'N VEILIGHEIDS-RISIKO
Om water op te gaar is 'n watergebruik ingevolge artikel 21(b) van die Nasionale Waterwet, soos geskets onder WATERGEBRUIKE hieronder. Die veiligheid van damme word ook gereël by Hoofstuk 12 van die Nasionale Waterwet en die Damveiligheidsregulasies (Goewermentskennisgewing R.1560 van 25 Julie 1986).
Die registrasie van damme met 'n veiligheidsrisiko is 'n vereiste ingevolge artikel 120 van die Nasionale Waterwet.
Sulke damme is damme met 'n opgaarkapasiteit van meer as 50 000 kubieke meter en 'n damwal van hoër as vyf meter, of 'n dam of 'n kategorie van damme wat deur die Minister tot damme met 'n veiligheidsrisiko verklaar is.
n Dam is enige struktuur wat water kan hou, opgaar of opdam. Dit sluit keerwalle in, selfs al is dit nie opgerig met die doel om water op te gaar nie.
: OMSKRYWINGS VAN TERME GEBRUIK IN REGISTRASIE
HUISHOUDELIKE
Huishoudelike afvalwater is afvalwater waarvan 90% of meer per volume AFVALWATER afkomstig is van huishoudelike en kommersiële bedrywighede en terreine.
Huishoudelike afvalwater kan riool bevat.
Huishoudelike afvalwater sluit huishoudelike afval in wat voortspruit uit die gebruik van water vir bad, was of toilette.
Nywerheidsafvalwater is afvalwater waarvan 10% of meer per volume afkomstig is van nywerheidsbedrywighede en -terreine.
Nywerheidsafvalwater kan ook huishoudelike afvalwater en riool bevat.
Nywerheidsafvalwater word voortgebring deur 'n wye verskeidenheid van bedrywighede, soos -
chemiese nywerhede metaalplatering plastiekwerk leerverwerking pulp- en papiervervaardiging
BESOEDELINGBesoedeling is die direkte of indirekte verandering van die fisiese, chemiese of biologiese eienskappe van 'n waterhulpbron wat dit -
minder geskik maak vir enige voordelige doel waarvoor dit redelikerwys verwag kan word om gebruik te word; of skadelik of potensieel skadelik maak -
vir die welsyn, gesondheid of veiligheid van mense;
vir enige water- of nie-waterorganismes;
vir die waterhulpbrongehalte; of vir eiendom.
Die uiteenlopende reeks nywerheidsbedrywighede word geklassifiseer volgens Standaardnywerheidskodes (SNK's).
n Paar van die algemene SNK's is -
: Die myn van goud en uraan
: Die vervaardiging van botter en kaas
: Die vervaardiging van roomys en ander eetbare ys
: Die brei en kleur van pels
: Groothandel in voedsels
AFVALAfval sluit enige stof in wat in water gelaat (gesuspendeer), opgelos of vervoer word en wat op grond of in 'n waterhulpbron gestort of afgeset word in die hoeveelheid of samestelling of op die wyse wat die waterhulpbron besoedel of dit redelik waarskynlik sal besoedel.
Die beskikking oor afval op 'n wyse wat op 'n waterhulpbron kan inwerk, is 'n watergebruik ingevolge artikel 21(g) van die Nasionale Waterwet, soos beskryf onder WATERGEBRUIKE hieronder. Beskikking oor afval word ook gereël by artikel 20 van die Wet op Omgewingsbewaring, 1989 (Wet No. 73 van 1989).
Afvalstortterreine moet ingevolge artikel 20 van die Wet op Omgewingsbewaring geregistreer word.
Afvalstortterreine sluit vullingsterreine, munisipale stortingsterreine, ens. in.
Party kategorieë van afval word van die registrasie van afvalterreine uitgesluit, soos nywerheidsashope en mynhope. Insgelyks is syferputte, sypelriole, riooltenks, putlatrines en ander wegdoening op terrein van huishoudelike afval uitgesluit.
Dié uitsluitings word ingevolge artikel 21(g) van die Nasionale Waterwet gereël, soos onder WATERGEBRUIKE hieronder geskets.
: OMSKRYWINGS VAN TERME GEBRUIK IN REGISTRASIE
AFVALWATERAfvalwater is water wat afval bevat of water wat met afvalstowwe in aanraking was.
Afvalwater sluit die volgende in:
huishoudelike afvalwater bioafbreekbare nywerheidsafvalwater nywerheidsafvalwater
WATERHULPBRON'n Waterhulpbron is -
n rivier of bron;
n natuurlike kanaal waarin water gereeld of wisselvallig vloei;
n vleiland, meer of dam waarin of waaruit water vloei;
enige versameling van water wat deur die Minister tot waterloop verklaar word; en bogrondse water, 'n riviermonding en 'n waterdraer (ondergrondse water)
Alle waterliggame in die hidrologiese siklus, insluitende ondergrondsewater, word beskou as waterbronne.
WATERGEBRUIKE Elf verskillende watergebruike word in artikel 21(a) tot (k) van die NasionaleWaterwet genoem. Hulle word kortliks hieronder geskets.
Artikel 21(a):
Gewoonlik behels dit die pomp van water uit 'n dam, rivier of boorgat.Neem van water
Oor die hele land word die grootste volume water wat so uitgeneem word,uit 'n vir landboubesproeiing gebruik.waterhulpbron
Artikel 21(b): Opgaar van water
Hierdie gebruik sluit water in wat in 'n dam, reservoir of ander opdamming opgegaar word.
Die opgaardam kan in 'n waterloop of buite die kanaal geleë wees.
Gewoonlik is opgegaarde water natuurlike-afloopwater of rivierwater.
Hierdie water sluit ook water in wat afval bevat, byvoorbeeld water versamel via 'n rioolstelsel of afvalwater van 'n nywerheidsaanleg.
Keerwalle wat in riviere gebou word, gaar ook water op, tensy daar 'n uitlaat vir dreinering is in toestande van lae vloei. Sulke strukture moet aan die Damveiligheidsregulasies voldoen.
Artikel 21(c): Belemmering of wegkeer van die vloei van water in 'n waterloop
Die belemmering of wegkeer van die vloei lei nie tot 'n verlies aan vloei nie.
Belemmerings- of wegkeerstrukture kan heeltemal of gedeeltelik tot in 'n rivier strek sodat dit die natuurlike vloeirigting óm die struktuur forseer.
Belemmering of wegkeer kan tydelik wees, byvoorbeeld tydens die konstruksie van 'n padbrug. Dit kan ook blywend wees, byvoorbeeld wanneer 'n laagwaterbrug oor 'n rivier gebou word waar die water permanent belemmer word deurdat dit onder deur die brug moet beweeg.
Meetwalle is 'n voorbeeld van 'n belemmering as daar by lae vloei geen opdamming agter die wal is nie. Indien water agter die wal gehou word, word die watergebruik beskou as "opgaar van water" en nie as "belemmering of wegkeer van die vloei" nie.
Artikel 21(d):
Kommersiële bebossing is tans die enigste bedrywigheid wat tot 'n Deelname aan 'n stroomvloeiverminderingsbedrywigheid verklaar is. stroomvloedvermin
: OMSKRYWINGS VAN TERME GEBRUIK IN REGISTRASIE
Artikel 21(e):
Tans is die volgende beheerde bedrywighede:
Deelname aan 'n - besproeiing met afvalwater;
beheerde - modifikasie van atmosferiese neerslag (wolkbestrooiing);
bedrywigheid wat - kragopwekking wat die vloeipatroon van 'n waterhulpbron verander; en as sodanig in art. -die opsetlike hervulling van 'n ondergrondse waterdraer met
 afvalwater.
'n Algemene beheerde bedrywigheid is besproeiing met afvalwater, veral kragtens art. 38 afkomstig van 'n waterbehandelingswerk.
verklaar is
Dit kan 'n produktiewe gebruik van water wees as gewasse met behulp van die afvalwater verbou word.
Artikel 21(f):
Hierdie watergebruik behels die storting van afval of afvalwater
Storting van afval regstreeks in 'n waterhulpbron.
of water wat afval
Algemene voorbeelde van hierdie watergebruik is afval wat in 'n rivier of bevat, in 'n dam vrygelaat word by 'n uitlaatpunt soos dié vir afvalwater van fabrieke, waterhulpbron of deels behandelde afvalwater van behandelingsaanlêe.
deur middel van 'n
Afvalwater wat in 'n munisipale riool gestort word, word NIE by hierdie pyp, kanaal, riool, watergebruik ingesluit nie. Die storting van afval deur die munisipale see-uitloop of behandelingswerke in 'n waterhulpbron IS egter 'n voorbeeld van hierdie ander geleiding watergebruik.
Artikel 21(g):
Dit is tipies wegdoening in fasiliteite op terrein soos sypelriole, riooltenks,
Beskikking oor putlatrines en syferputte.
afval op 'n wyse
Nog 'n voorbeeld van hierdie watergebruik is wegdoening in wat nadelig op 'n afvalwaterbehandelingstelsels, soos oksideerdamme wat nie 'n uitlaat in 'n waterhulpbron kan waterhulpbron het nie. As die oksideerdam wel 'n oorloop in 'n rivier of dam inwerk in het, word dit geklassifiseer as watergebruik ingevolge artikel 21f sien hierbo.
Verdampingsdamme is ook 'n algemene voorbeeld van hierdie watergebruik.
Artikel 21(h): Wegdoening, op enige wyse, van water wat afval bevat van, of wat verhit is in, 'n industriële of kragopwekkings­proses
Hierdie watergebruik het spesifiek betrekking op die temperatuur van die afvalwater, wat 'n beduidende uitwerking op die omgewing kan hê.
Artikel 21(i): Verandering van die bedding, walle, loop of kenmerke van 'n waterloop
Hierdie watergebruik het betrekking op die fisiese veranderings wat aan 'n waterloop aangebring word, byvoorbeeld om 'n rivierloop te verbreed of reguit te maak. Die verandering van die bedding en walle is gewoonlik nodig wanneer konstruksie en infrastruktuurontwikkeling by of oor 'n rivier plaasvind.
Die myn van sand is ook 'n algemene voorbeeld van hierdie watergebruik.
Verandering van die loop van 'n waterloop het betrekking op die verlegging van die waterloop. Die rivierkanaal word gewoonlik herbou of vervang deur n kanaal wat kilometers ver van die oorspronklike loop kan wees.
Artikel 21(j):
Hierdie watergebruik is van toepassing wanneer water verwyder moet word
Verwydering, om doeltreffendheids- of veiligheidsredes.
storting of
'n Voorbeeld van die gebruik is om veiligheid in ondergrondse myne te wegdoening van verseker.
water wat
Baie konstruksieterreine vereis ook dat ondergrondse water verwyder ondergronds word.
gevind is, indien dit
Hierdie watergebruik het NIE betrekking op die neem van water soos nodig is vir die bedoel in artikel 21(a) (sien hierbo) nie.
doeltreffende voortsetting van 'n bedrywigheid of vir die veiligheid van mense
: OMSKRYWINGS VAN TERME GEBRUIK IN REGISTRASIE
Artikel 21(k): Gebruik van water vir ontspannings­doeleindes
Hierdie watergebruik het betrekking op georganiseerde watersport, hengelkompetisies, drywende restaurante en dies meer.
Die ontspanningsbedrywigheid van 'n persoon wat wettige toegang tot 'n waterhulpbron het, word in Bylae 1 van die Nasionale Waterwet (sien Afdeling 4) vermeld as toelaatbare watergebruik en hoef NIE geregistreer te word nie.
WATERDIENSTE-*Die Wet op Waterdienste, 1997 (Wet No. 108 van 1997), omskryf 'n VERSKAFFER waterdiensteverskaffer as 'n munisipaliteit, distriks- of landelike raad, 'n waterraad of 'n instelling wat waterdienste lewer.
Waterdienste word omskryf as watervoorsieningsdienste en sanitasiedienste
Watervoorsiening
Watervoorsiening sluit die behandeling en verspreiding van water deur 'n waterdistribusienet in.
Dit kan ook die grootmaatvoorsiening insluit van onbehandelde water deur een waterdiensteverskaffer aan 'n ander vir verdere behandeling en verspreiding.
Sanitasie
Sanitasie sluit die versameling, verwydering en behandeling van riool in.
Rioolvuil kan deur 'n dreineer- of rioolnet gekanaliseer word of in 'n fasiliteit op terrein soos 'n putlatrine, septiese tenk en dergelike weggedoen word.
n Watergebruikersvereniging is 'n vereniging van individuele watergebruikers wat waterverbandhoudende bedrywighede vir hulle eie gesamentlike voordeel onderneem.
n Watergebruikersvereniging word formeel deur die Minister van Waterwese en Bosbou ingestel by kennisgewing in die Staatskoerant ná goedkeuring van sy grondwet.
Watergebruikersverenigings sal hersaamgestel word uit bestaande besproeiingsrade, ondergrondse waterbeheerrade, waterrade ingestel vir veesuipingsdoeleindes, nedersettingsrade en waterbewaringsrade.
Individuele lede van 'n watergebruikersvereniging hoef NIE hulle watergebruik as individue te registreer ten opsigte van water verkry uit 'n verspreidingstelsel wat deur die vereniging beheer word nie. Die vereniging as geheel moet sy gebruik registreer.
Individuele lede wat ander soorte watergebruik het, moet dit as individue registreer.
n Algemene voorbeeld is 'n boer wat water uit 'n kanaal van 'n staatswaterskema neem, asook uit 'n boorgat op sy eiendom. Die gebruik van water uit die skema hoef nie geregistreer te word nie, maar dit kan nodig wees om die gebruik van water uit die boorgat te registreer.
: TOELAATBARE WATERGEBRUIK
AFDELING 4 TOELAATBARE WATERGEBRUIK
GEBRUIK VAN WATERToelaatbare watergebruik word in artikel 22 van die Nasionale Waterwet beskryf as -
Bylae 1-gebruik n voortsetting van 'n bestaande wettige watergebruik n gebruik wat kragtens 'n algemene magtiging geoorloof is gelisensieerde gebruik
Hieronder word 'n oorsig gegee van hoe dié metodes gebruik word om watergebruik te reguleer.
BYLAE 1-Met "Bylae 1" word Bylae 1 van die Nasionale Waterwet bedoel. Daarin word WATERGEBRUIK reeks toelaatbare watergebruike genoem.
Bylae 1-watergebruik hoef NIE geregistreer of gelisensieer te word nie.
Bylae 1 in besonderhede Die volgende watergebruike, wat in Bylae 1 genoem word, hoef NIE geregistreer te word nie:
Die neem van water regstreeks uit enige waterhulpbron waartoe 'n mens wettige toegang het, vir -
redelike huishoudelike gebruik in jou huishouding;
klein tuinmakery (maar nie vir kommersiële doeleindes nie);
die gee van water vir diere maar nie vir kommersiële doeleindes nie, wat dus voerkrale uitsluit, mits die gebruik nie oormatig is in verhouding tot die vermoë van die waterhulpbron en die behoeftes van ander gebruikers nie.
Die opgaar en gebruik van afvloeiwater vanaf 'n dak.
Die neem van water vir menslike gebruik en brandbestryding in noodgevalle.
Ontspanningsdoeleindes, indien 'n mens wettige toegang tot die waterhulpbron het.
Die stort van afval of water wat afval bevat of afvloeiwater (met inbegrip van stormwater) in 'n kanaal, see-uitloop of ander geleiding, mits dit beheer word deur persone wat gemagtig is om sulke afvalwater te suiwer of te behandel of daaroor te beskik.
BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIK
n Bestaande wettige watergebruik beteken 'n watergebruik wat deur of kragtens enige wet gemagtig is en te eniger tyd gedurende die tydperk 1 Oktober 1996 tot 30 September 1998 plaasgevind het, d.w.s. die twee jaar voor die inwerkingtreding van die Nasionale Waterwet, 1998
Stroomvloeiverminderingsbedrywighede en beheerde bedrywighede voldoen ook aan die vereistes van bestaande wettige gebruik sien omskrywings in Afdeling 3, WATERGEBRUIKE, ooreenkomstig artikel 21 d en e sien hierbo.
Bestaande wettige watergebruikers sal hulle watergebruik moet laat registreer ingevolge 'n kennisgewing uitgereik kragtens die Registrasieregulasies.
: TOELAATBARE WATERGEBRUIK
ALGEMENE MAGTIGINGS OM WATER TE GEBRUIK
n Algemene magtiging is 'n magtiging om water sonder 'n lisensie te gebruik, mits die watergebruik binne die perke val en aan die voorwaardes voldoen wat in die algemene magtiging gestel word.
Algemene magtigings geld slegs NUWE watergebruike wat plaasgevind het ná 1 Oktober 1999, toe die Nasionale Waterwet, 1998, in werking getree het. Dit beteken dat algemene magtings nie terugwerkend is nie.
Bylae 1-watergebruike word nie by algemene magtigings ingesluit nie, aangesien dit reeds ingevolge die Nasionale Waterwet toelaatbaar is en nie verdere magtiging nodig het nie.
REGISTRASIE EN DIE ALGEMENE MAGTIGINGS
Die algemene magtigings stel die omstandighede waarin 'n watergebruik geregistreer moet word. Watergebruikers moet hulle vertroud maak met die bepalings en voorwaardes van die algemene magtigings, aangesien daar bepaalde voorwaardes is wat op sekere watergebruike van toepassing is.
In die geval van 'n nuwe watergebruik wat ná 8 Oktober 1999 begin het en NIE binne die bestek of perke van die algemene magtiging val nie, moet die gebruiker by die Departement van Waterwese en Bosbou aansoek doen om 'n lisensie.
Die vereistes van registrasie wat uiteengesit is in die vyf algemene magtigings wat gepubliseer is Staatskoerant 20256 van 8 Oktober 1999, word hieronder opgesom (let op dat verdere algemene magtigings in die toekoms gepubliseer sal word).
Algemene magtiging
Water wat uit bogrondse waterhulpbronne geneem word, moet vir die neem van water geregistreer word as 50 kubieke meter water of meer op enige gegewe uit 'n waterhulpbron dag uitgeneem word.
Water wat uit grondwater geneem word, moet geregistreer word as 10 kubieke meter water of meer op enige gegewe dag uitgeneem word.
Algemene magtiging
Die opgaar van meer as 10 000 kubieke meter water op enige eiendom vir die opgaar van moet geregistreer word.
Algemene magtiging
Besproeiing met meer as 10 kubieke meter afvalwater van 'n sekere vir deelname aan 'n gehalte per eiendom op 'n gegewe dag moet geregistreer word. beheerde
Slegs huishoudelike en/of bioafbreekbare nywerheidsafvalwater mag vir bedrywigheid: besproeiing kragtens 'n algemene magtiging gebruik word. besproeiing met afvalwater
Algemene magtiging
Alle storting van afvalwater regstreeks in 'n waterhulpbron moet vir die stort van geregistreer word, ongeag die volume daarvan.
afvalwater in 'n waterhulpbron d.w.v.
n pyp, kanaal of ander geleiding
: TOELAATBARE WATERGEBRUIK
Algemene magtiging vir die beskikking oor afval op 'n wyse wat nadelig op 'n waterhulpbron kan inwerk
Die opgaar van meer as 1 000 kubieke meter afvalwater vir beskikking, of meer as 500 kubieke meter vir hergebruik, per eiendom moet geregistreer word.
Beskikking oor meer as 50 kubieke meter afvalwater per eiendom op enige gegewe dag moet geregistreer word.
In die geval van plaaslike owerhede moet gebiede waar meer as 5 000 huishoudings deur beskikkingsfasiliteite op terrein bedien word en waar die digtheid van beskikkingsfasiliteite op terrein 10 per hektaar te bowe gaan, geregistreer word.
Daar mag slegs oor huishoudelike en/of bioafbreekbare nywerheidsafvalwater kragtens 'n algemene magtiging beskik word.
LISENSIES EN DIE 'n Nuwe watergebruiker wat nie aan die bepalings en voorwaardes van die ALGEMENE algemene magtigings voldoen nie, moet by die Departement van Waterwese en Bosbou aansoek doen om 'n lisensie.
MAGTIGINGS
: OORSIG VAN REGISTRASIEVORMS
AFDELING 5 OORSIG VAN DIE REGISTRASIEVORMS
REGISTRASIEVORM Daar is Deel 1- en Deel 2-registrasievorms, asook aanvullende vorms:
Deel 1-vorms: Inligting oor die watergebruiker en die eiendom waarop die watergebruik plaasvind
Deel 2-vorms: Inligting oor die watergebruik
Aanvullende vorms: Bykomende inligting wat nodig kan wees
Een Deel 1-vorm en een of meer Deel 2-vorms moet ingevul word om 'n watergebruik te registreer.
VERANDERING VAN Daar is vorms vir die verandering van persoonlike besonderhede wat ingevul PERSOONLIKE moet word vir elke Deel 1-vorm indien enige van die persoonlike of BESONDERHEDE kontakbesonderhede wat verstrek is, later verander, byvoorbeeld -
nuwe telefoonnommers verandering van posadres verandering van name en titels
VERANDERING VAN EIENDOMSREG OP 'N EIENDOM
Besonderhede van 'n eiendom waarop 'n geregistreerde watergebruik plaasvind, kan op die vorm Verandering van Eiendomsreg op 'n Eiendom gewysig word:
Bywerking van besonderhede van die eiendomsreg op (eienaarskap van) 'n eiendom en besonderhede van die eiendom.
Inligting oor 'n regsopvolger kan op hierdie vorm verstrek word, insluitende nuwe eiendomsreg deur vererwing of die aankoop van eiendom.
Besonderhede van 'n geregistreerde watergebruik kan gewysig word op gewone registrasievorms. Dit word soos volg gedoen:
Vermeld die registernommer wat aan die watergebruik toegeken is by eerste registrasie en vul 'n Deel 1-vorm in.
Wysig die geregistreerde watergebruiksbesonderhede op 'n nuwe Deel 2-vorm.
BYVOEGING VAN 'N 'n Geregistreerde watergebruiker kan bykomende watergebruike registreer NUWE WATERGEBRUIK op 'n gewone registrasievorm. Dit word soos volg gedoen:
Vermeld die registernommer en vul 'n Deel 1-vorm in.
Verstrek die besonderhede van die nuwe watergebruik op 'n nuwe Deel 2-vorm.
: OORSIG VAN REGISTRASIEVORMS
PRYSGEWING VAN 'N GEREGISTREERDE WATERGEBRUIK
As 'n watergebruik geregistreer is, kan dit prysgegee word indien die bedrywigheid nie meer plaasvind nie. Prysgewing van 'n watergebruik kanselleer die registrasie van die watergebruik. Dit word soos volg gedoen:
Vermeld die registernommer en dui op die vorm Prysgewing van Watergebruik aan watter watergebruik(e) prysgegee word.
NOMMERS VAN Die nommers van die verskillende soorte registrasievorms word hieronder REGISTRASIEVORMS verstrek:
REGISTRASIE: DW 760 Neem van water uit 'n waterhulpbron
DEEL 2-VORMS DW 761 DW 762 Opgaar van water Opgaar van water - Damveiligheidsregistrasie
DW 763 Belemmering of wegkeer van die vloei van water in 'n waterloop
DW 765 Deelname aan 'n beheerde bedrywigheid: Besproeiing van grond met afval of water wat afval bevat wat deur enige industriële bedrywigheid of deur 'n waterwerk voortgebring is
DW 766 Storting van afval of water wat afval bevat, in 'n waterhulpbron deur middel van 'n pyp, kanaal, riool, see­
uitloop of ander geleiding
DW 767 Beskikking oor afval op 'n wyse wat nadelig op 'n waterhulpbron kan inwerk
DW 768 Verandering van die bedding, walle, loop of kenmerke van 'n waterloop
DW 805 Verwydering, storting of wegdoening van water wat ondergronds gevind is, indien dit nodig is vir die doeltreffende voortsetting van 'n bedrywigheid of vir die veiligheid van mense
DW 806 Gebruik van water vir ontspanningsdoeleindes
: OORSIG VAN REGISTRASIEVORMS
NOMMERS VAN DW 787 AANVULLENDE VORMS
DW 802 DW 803 DW 809 DW 810 DW 811 DW 812 DW 813 Neem van water uit 'n waterhulpbron: Inligting oor besproeide lande en gewasse Opgaar van water: Dam- en tegniese data Opgaar van water: Damklassifikasie Afvalstortterrein: Klassifikasie van afval Afvalstortterrein: Klassifikasie van terrein Afvalstortterrein: Aanduiders van fatale gebreke Afvalstortterrein: Uitvoerbaarheid Verandering van besonderhede: Individu Verandering van besonderhede: Maatskappy, nasionale of provinsiale regering Verandering van besonderhede: Watergebruikersvereniging Verandering van besonderhede: Waterdiensteverskaffer Onderverdeling van eiendom Konsolidasie van eiendom Verandering van eiendomsreg op eiendom Register van eiendomme Prysgewing van watergebruik
BELANGRIKE OPMERKINGS BY DIE INVUL VAN U VORMS
Maak seker dat u die korrekte Deel 1-vorm en al die nodige Deel 2­vorms het.
Party dele en blokke is met 'n kol (.) gemerk. Die inligting wat op dié plekke gevra word, is verpligtend en moet ingevul word.
Skryf asseblief duidelik in swart ink.
Gebruik hoofletters.
Skryf slegs een letter of syfer per blokkie.
Besorg die ingevulde vorms weer aan die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou.
n Registrasiesertifikaat kan nie uitgereik word as die inligting nie volledig is nie. Die Departement kan onvolledige vorms terugstuur.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 1 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
AFDELING 6 HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 1 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
DEEL 1-VORMS Deel 1 bestaan uit die volgende:
DW757 vir waterdiensteverskaffers (sien omskrywing in Afdeling 3)
DW758 vir maatskappye en departemente van die nasionale of provinsiale regering
DW759 vir watergebruikersverenigings (sien omskrywing in Afdeling 3)
BESONDERHEDE VAN Hierdie deel van die vorms is vir algemene inligting, soos naam, titel, adres
DIE AANSOEKER en telefoonnommer.
n Suid-Afrikaanse ID-nommer of tydelike ID-nommer is voldoende vir identifikasie.
Individue wat nie 'n Suid-Afrikaanse ID-nommer het nie, kan 'n aansoeker paspoortnommer vir identifikasiedoeleindes gebruik.
Buitelandse ID-nommers is nie aanvaarbaar nie. Buitelandse burgers moet hulle paspoortnommer, uitreikingsdatum van die paspoort en land van uitreiking verstrek.
Elke waterdiensteverskaffer moet ingevolge die Wet op Waterdienste 'n bestuursplan aan die Departement van Waterwese en Bosbou voorlê.
DW 758 Maatskappy of besigheid; nasionale of provinsiale regering
Maatskappy, besigheid of vennootskap beteken geregistreerde maatskappye, beslote korporasies, alleeneienaars, vennootskappe, publieke maatskappye, private maatskappye, maatskappye sonder winsoogmerk, garansiemaatskappye, buitelandse maatskappye, ingelyfde private maatskappye en dergelike. Geregistreerde besighede moet die RCCC-nommer verstrek wat uitgereik word wanneer die besigheid ingevolge die Wet op Handel en Nywerheid registreer. In gevalle waar 'n aantal aandeelhouers eiedomsreg op 'n eiendom het wat nie as 'n besigheid geregistreer is nie, moet die hoofaandeelhouer vorm DW 756 Indivudu invul.
Land waar opgerig beteken die land van herkoms van 'n buitelandse maatskappy. In die geval van die nasionale regering moet die departement se volle naam verstrek word (nie net 'n afkorting nie). In die geval van provinsiale regerings moet die naam van die provinsie ook verstrek word.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 1 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
'n Watergebruikersvereniging word formeel deur die Minister van Waterwese en Bosbou ingestel by kennisgewing in die Staatskoerant. Formeel ingestelde watergebruikersverenigings moet gedeelte 2 invul.
Ander verenigings wat beoog om watergebruikersverenigings te word, moet gedeelte 3 invul.
Die naam van die bedryfsgebied van die vereniging moet verstrek word.
Die totale oppervlakte van die bedryfsgebied van die vereniging sluit die eiendomme van al die lede daarvan op die datum van registrasie in, óf in hektaar óf in vierkante kilometer.
Voormalige besproeiingsrade, nedersettingsrade en waterbewaringsrade moet 'n gewaarmerkte afskrif aanheg van die vorm Register van
Eiendomme wat saam met die voorstel om die watergebruikersvereniging in te stel, ingedien is.
EIENDOM WAAROP WATERGEBRUIK PLAASVIND
Die eiendom waarop die watergebruik plaasvind, is nie noodwendig dieselfde as dié waarop die woning van die persoon wat om registrasie aansoek doen, is nie.
Watergebruik op 'n onopgemete eiendom kan ten behoewe van die dorpie of gemeenskap wat die grond besit of okkupeer, geregistreer word.
Onopgemete eiendom sluit gemeenskaplike grond, stamgrond en van die grond in die voormalige tuislande in.
Al die nodige inligting vir opgemete eiendomme is beskikbaar by die kantoor van die Landmeter-generaal.
Gehuurde eiendom
Indien die eiendom gehuur word vir die doel van die watergebruik, moet die watergebruiker die besonderhede by die eienaar van die eiendom verkry.
Die Departement van Waterwese en Bosbou beveel aan dat 'n huurooreenkoms tussen die huurder en die grondeienaar die watergebruiksbedrywighede insluit, want uitstaande watergebruikvorderings sal van die grondeienaar verhaal word.
Een eiendom, baie
Verskeie gebruikers kan watergebruik op dieselfde eiendom registreer gebruikers indien hulle wettige okkupeerders van die eiendom is. Dit kan byvoorbeeld gebeur wanneer verskillende mense verskillende gedeeltes grond van die eienaar van die eiendom huur.
In sulke gevalle moet elke aansoeker 'n afsonderlike vorm gebruik.
Individue wat grond huur, moet DW 576 Individu invul. Maatskappye wat grond huur, moet DW 758 Maatskappye of departemente van die nasionale of provinsiale regering invul.
Een persoon, baie
Een persoon of besigheid kan water op talle verskillende eiendomme eiendomme gebruik.
Die eiendomme kan deur die persoon of besigheid gehuur word of dit kan die eiendom van die persoon of besigheid wees.
In sulke gevalle moet een vorm vir elke eiendom gebruik word.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 1 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
WATERGEBRUIKE OF BEDRYWIGHEDE
Vermeld die watergebruik of die aantal van elke watergebruik wat u wil registreer (sien omskrywing van WATERGEBRUIK in Afdeling 3).
Verskeie watergebruike kan op een eiendom geregistreer word. Daar kan byvoorbeeld water uit 'n rivier gepomp word (neem van water) in 'n opgaardam in (opgaar van water), terwyl daar ook nog met afvalwater besproei word (beheerde bedrywigheid), alles op een eiendom.
Meer as een geval van dieselfde watergebruik kan op een eiendom geregistreer word. Daar kan byvoorbeeld vyf opgaardamme op een eiendom wees.
Vir elke watergebruik wat vermeld word, moet 'n afsonderlike Deel 2­vorm ingevul word.
VERKLARING DEUR AANSOEKER
Individuele aansoekers moet self die vorms onderteken en dateer.
In die geval van 'n volmag moet 'n gewaarmerkte afskrif van die aanstelling by die aansoekvorm aangeheg word.
n Gedelegeerde persoon moet namens die waterdiensteverskaffer, maatskappy of besigheid, nasionale of provinsiale regering, of watergebruikersvereniging teken.
Die gebruik van 'n duimafdruk in die ruimte wat daarvoor gelaat word, sal in sommige gevalle aanvaarbaar wees as alternatief vir die aansoeker se handtekening.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
AFDELING 7 HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
DEEL 2-VORMS
WYSIGINGS
BESTAANDE MAGTIGINGS
Deel 2-vorms vereis inligting oor -
die waterhulpbron (sien omskrywing in Afdeling 3)
watergebruik en verwante bedrywighede (sien omskrywing in Afdeling 3)
bestaande magtigings of permitte (sien BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIK in Afdeling 4)
Meer as een Deel 2-vorm sal moontlik ingevul moet word. 'n Boer wat byvoorbeeld water uit 'n rivier neem en dit in 'n dam met 'n kapasiteit van 100 000 kubieke meter opgaar, moet die volgende invul:
n DW 760-vorm vir die neem van water;
n DW 761-vorm vir die opgaar van water; en n DW 762-vorm vir damregistrasie.
Indien daar meer as een van dieselfde watergebruik op dieselfde eiendom is, moet afsonderlike vorms vir elke gebruik ingevul word. 'n Boer wat byvoorbeeld water uit twee riviere neem, moet twee DW 760-vorms invul.
Deel 2-vorms maak dit ook moontlik om bestaande geregistreerde gebruik te wysig.
Meld die registernommer en vul 'n Deel 1-vorm in. Vul 'n Deel 2-vorm in vir die gebruik wat gewysig moet word.
Bestaande magtigings kan -
bestaande wettige watergebruik wees (sien omskrywing in Afdeling 4); of algemene magtigings wees (sien omskrywing in Afdeling 4).
Waar van toepassing moet die nommer van elke permit of ander magtiging ten opsigte van elke watergebruik verstrek word.
Indien geen permit of magtiging verkry is nie, moet hierdie gedeelte geïnoreer word.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2A: Neem van water uit 'n waterhulpbron
Hierdie vorm is bedoel vir enige geval waar water uit 'n waterhulpbron geneem word.
Die waterhulpbron kan op 'n persoon se eiendom wees of moet bereik kan word deur middel van 'n serwituut oor 'n ander persoon se eiendom.
Algemene voorbeelde sluit in die pomp van water uit 'n rivier of boorgat, die neem van water uit 'n kanaal of damuitlaat, of die pomp van water regstreeks uit 'n dam.
GEDEELTES OP VORM
BESKRYWING VAN WATERGEBRUIK
BESTAANDE MAGTIGING
VERDUIDELIKINGS
Sien omskrywing van WATERHULPBRON in Afdeling 3.
Indien die waterhulpbron nie 'n spesifieke naam het nie, skryf "geen naam" in.
Vul die geografiese ligging in, óf in grade (°), minute (') en sekondes ("), óf in desimale grade. Die geografiese ligging kan van 'n 1:50 000 topografiese kaart afgelees word wat van die Staatsdrukker verkrygbaar is teen nominale koste, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou, of deur gebruik te maak van 'n GPS-instrument (Geographic Positioning System).
Sien omskrywings van Watergebruik in Afdeling 3 en Bylae 1-Gebruik in Afdeling 4.
Meld die doel(eindes) waarvoor die water gebruik word. Meer as een gebruik kan gemerk word.
Indien water vir besproeiing gebruik word, moet aanvullende vorm DW 787 ook ingevul word. Leiding by die invul van dié aanvullende vorm word op die volgende bladsy gegee.
Watering livestock beteken dat water gebruik word vir intensiewe diereproduksie-eenhede soos voerkrale. Dit het NIE betrekking op veesuiping soos bedoel in Bylae 1 nie (sien Afdeling 4 vir omskrywing).
Aquaculture beteken visboerdery soos forelplase, oesterplase en die produksie van ander waterspesies.
Domestic water supply beteken water wat geneem word vir behandeling en voorsiening aan gemeenskappe of oorde vir huishoudelike gebruik. Dit beteken NIE water geneem vir redelike huishoudelike gebruik in huishoudings of groepe huishoudings op 'n enkele eiendom soos bedoel in Bylae 1 nie (sien Afdeling 4 vir omskrywing).
Sien omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Aanvullende vorm: Neem van water uit 'n waterhulpbron - Inligting oor besproeide lande en gewasse
Hierdie form is bedoel vir aanvullende inligting in verband met die neem van water uit 'n waterhulpbron.
SLEGS watergebruikers wat gewasse besproei met water geneem uit 'n waterhulpbron, moet hierdie vorm invul. Hierdie vorm is NIE bedoel vir watergebruikers wat met afvalwater besproei nie. Sulke watergebruikers moet vorm DW 765 invul.
Die inligting op hierdie vorm sal gebruik word om te bepaal wat die totale jaarlikse behoefte aan water vir besproeiing is.
Die metode wat gebruik word om te bepaal wat die jaarlikse besproeiingsbehoefte is, is die SWAPWAT­rekenaarprogram.
Bondig gestel bepaal die SWAPWAT-program die besproeiingswaterbehoefte vir 'n spesifieke gewas in 'n spesifieke geografiese gebied volgens die spesifieke besproeiingstelsel wat gebruik word.
Meer inligting oor die SWAPWAT-program kan van die Direkteur: Waterbenutting van die Departement van Waterwese en Bosbou verkry word by telefoon 336 8734 of faks 323 5041.
Die volume water wat bepaal word op grond van die inligting verstrek op hierdie vorm, is die volume water wat geregistreer sal word. Dit sal op die registrasiesertifikaat gemeld word.
Indien iemand die volume water gebruik vir besproeiing wil bevestig, kan 'n watermeter geïnstalleer word by die punt waar die water uit die waterhulpbron geneem word.
n Algemene voorbeeld is wanneer water uit 'n rivier in 'n besproeiingskanaal gepomp word. 'n Watermeter kan op die pomp geïnstalleer word om die hoeveelheid water te meet wat in die kanaal ingepomp word.
Nog 'n algemene voorbeeld is wanneer water uit 'n boorgat in 'n opgaardam ingepomp word vir besproeiing op 'n later datum. 'n Watermeter kan geïnstalleer word om die hoeveelheid water te meet wat uit die boorgat in die dam ingepomp word.
Watermeterlesings kan aan die Departement van Waterwese en Bosbou verstrek word en die hoeveelheid water wat vir besproeiing gebruik word, kan dan aangepas word.
GEDEELTES OP VORM VERDUIDELIKINGS
ONTTREKKING VIR BESPROEIING Landnommer Elke land op die plaas moet op 'n afsonderlike reël ingeskryf word.
Die landnommer is die nommer van die besproeide land. Indien daar nie nommers is nie, moet die boer nommers toeken waarvolgens elke land geïdentifiseer kan word.
Landnommers kan ook letters van die alfabet bevat. 'n Boer kan byvoorbeeld die volgende landnommers hê: A100, A101, A102, B231, D5/3, F007, ens. Oppervlakte
Die oppervlakte van elke land moet ingevul word. Dit moet so akkuraat moontlik wees. Gewas
Elke gewas wat op die land verbou word, moet op 'n afsonderlike reël ingeskryf word.
Die volgende is 'n voorbeeld van een gewas per land, en in die geval van land C1 is daar twee gewasse wat in die jaar verbou word:
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
BESPROEIING-SKEDULERINGS-METODES
METODES OM BESPROEIINGS-DOELTREFFENDHEI D TE VERHOOG
Plantdatum
Meld die dag en maand waarop die gewas geplant is.
Groeiseisoen
Gee die aantal dae wat die gewas in die grond sal wees, dit wil sê die aantal dae vandat dit geplant is tot dit geoes word. Vir meerjarige gewasse is die aantal dae 365.
Rotasiefaktor
Die rotasiefaktor is die persentasie tyd wat 'n gewas in die grond is. Voorbeelde:
As katoen elke jaar verbou word, is die rotasiefaktor 100%.
As twee soorte gewasse in 'n jaar verbou word, is die rotasiefaktor vir elk 50%.
In die geval van tamaties, wat elke vyf jaar geplant word, terwyl die land die ander vier jaar braak lê, is die rotasiefaktor 20%.
Kies die kode uit die tabel van besproeiingstelseltipes. Die kode vir vloedbesproeiing wat vore gebruik, is byvoorbeeld "A" en dié van permanente sprinkelaars is "F".
Indien daar geen kode vir u besproeiingstelsel is nie, moet die stelseltipe in die ruimte wat daarvoor onder kode "R" gelaat is, ingeskryf word.
Meld die tipe waterhulpbron waaruit die water geneem word, soos dam, rivier, stroom, grondwater, ens.
Hulpbronnaam
Indien die waterhulpbron nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
Laat die ruimte oop in die geval van boorgate.
Beskrywing van besproeiingskeduleringsmetodes wat gebruik word
Beskryf die skeduleringsmetodes wat gebruik word, as daar is.
As verdampingsbakke of 'n neutronvogmeter byvoorbeeld gebruik word, moet die metode beskryf word.
Beskryf enige ander metodes om besproeiingsdoeltreffendheid te verhoog n Voorbeeld van doeltreffendheidsverhoging is die voering van besproeiingskanale met waterdigte materiaal soos sement om lekkasie te voorkom.
Nog 'n algemene voorbeeld is die gelykmaak van besproeide lande om die egalige verspreiding van water by vloedbesproeiing te verseker.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2B: Opgaar van water
Hierdie vorm is bedoel vir enige geval van die opgaar van water.
Indien water wat in 'n dam opgegaar word, oor verskillende eiendomme opstoot, moet slegs die eienaar van die dam die dam registreer.
Damme en keerwalle is voorbeelde van die opgaar van water in 'n waterloop.
Water kan ook buite die kanaal opgegaar word in strukture soos damme en reservoirs wat buite 'n waterloop gebou is.
Klein huishoudelike watertenks of reënwatertenks soos bedoel in Bylae 1 (sien Afdeling 4 vir omskrywing) word NIE by hierdie watergebruik ingesluit nie.
Die opgaar van skoon water en afvalwater by myne moet voldoen aan die Mynbouregulasies.
Opgaarfasiliteite moet voldoen aan die Damveiligheidsregulasies, die Boustandaarderegulasies en die toepaslike verordeninge van die plaaslike owerheid.
Ingevolge die Damveiligheidsregulasies word enige dam met 'n opgaarkapasiteit van meer as 50 000 kubieke meter en 'n damwal van hoër as vyf meter beskou as 'n dam met 'n veiligheidsrisiko.
Ander damme wat nie voldoen aan die kriteria in die punt hierbo genoem nie, kan ook tot damme met 'n veiligheidsrisiko verklaar word, byvoorbeeld damme wat potensieel gevaarlike afval bevat of damme wat op potensieel gevaarlike plekke geleë is.
Damme met 'n veiligheidsrisiko moet ingevolge die Damveiligheidsregulasies geregistreer word. Vorm DW 762 moet ook vir sulke damme ingevul word.
GEDEELTES OP VERDUIDELIKINGS
VORM
OPGAAR VAN WATER
Die totale hoeveelheid water wat op 'n enkele eiendom opgegaar kan word, moet geregistreer word. Die water kan in een dam of verskeie damme op die eiendom opgegaar word. Droë, leë of toegeslikte damme moet ook geregistreer word. Water wat nie afval bevat nie, is gewoonlik water wat afkomstig is van natuurlike oppervlakafloop of wat regstreeks uit 'n waterhulpbron geneem word, selfs al is dit nie skoon genoeg om te drink nie. Afvalwater is water wat afval bevat en opgegaar word vir hergebruik, uitlating en/of storting.
WATER WAT 2.2 NIE AFVAL BEVAT NIE 2.4
Indien die waterhulpbron nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
Die totale volume is die maksimum beskikbare kapasiteit vir opgaring, selfs al is die dam/me nie heeltemal vol nie.
Maatreëls vir die beweging van waterspesies sluit vistrappe in vir die stroomop migrasie van vis.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
AFVALWATER
BESTAANDE MAGTIGING
Sien die omskrywing van AFVALWATER in Afdeling 3.
Opgaring vir uitlating beteken die afvalwater sal mettertyd regstreeks in 'n waterhulpbron uitgelaat word. Vorm DW 766 moet ook ingevuul word.
Opgaring vir storting beteken die afvalwater sal mettertyd in 'n verdampingsdam, 'n oksideerdam, of 'n beskikkingsfasiliteit op terrein soos 'n sypelriool, putlatrine, septiese tenk of syferput gestort word. Vorm DW 767 moet ook ingevul word.
Opgaring vir hergebruik beteken die afvalwater gaan gebruik word in die proses wat die afvalwater voortgebring het. Vorm DW 767 moet ook ingevul word.
Hergebruik het NIE betrekking op besproeiing nie. Vorm DW 765 moet vir besproeiing met afvalwater ingevul word.
Die totale volume is die maksimum beskikbare opgaarkapasiteit, selfs al is die dam/me nie heeltemal vol nie.
Sien omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2B: Opgaar van water - Damveiligheidsregistrasie
Hierdie vorm is bedoel vir enige dam wat 'n damveiligheidsrisiko het.
Ingevolge die Damveiligheidsregulasies word enige dam met 'n opgaarkapasiteit van meer as 50 000 kubieke meter en 'n damwal van hoër as vyf meter beskou as 'n dam met 'n veiligheidsrisiko.
Ander damme wat nie voldoen aan die kriteria in die punt hierbo genoem nie, kan ook tot damme met 'n veiligheidsrisiko verklaar word, byvoorbeeld damme wat potensieel gevaarlike afval bevat of damme wat op potensieel gevaarlike plekke geleë is.
Damme wat reeds by die Departement van Waterwese en Bosbou geregistreer is, moet ook met hierdie vorm geregistreer word indien dit ingevolge 'n kennisgewing in die Staatskoerant vereis word.
GEDEELTES OP VERDUIDELIKINGS
VORM
ALGEMENE 1.1
Indien die dam nie 'n naam het nie, moet die naam van die eiendom
INLIGTING 1.2
water word opgedam agter 'n keerwal of damwal wat oor die natuurlike rivierkanaal gebou is. "Off-channel"-opgaring beteken opgaring in strukture soos damme, reservoirs en tenks wat buite 'n natuurlike waterloop gebou is. Skoonwaterdamme gaar water op wat nie afval bevat nie, wat gewoonlik water is wat afkomstig is van natuurlike oppervlakafloop of wat regstreeks uit 'n waterhulpbron geneem word, selfs al is dit nie skoon genoeg om te drink nie. Indien die dam vir meer as een doel gebruik word, moet al die toepaslike blokkies gemerk word. Sien omskrywing van Afvalwater in Afdeling 3. Indien die dam vir meer as een doel gebruik word, moet al die toepaslike blokkies gemerk word. Die persoon in beheer van die dam is die persoon wat die gesag het om alle veiligheidsaangeleenthede rakende die dam te beheer, te bestuur en te administreer. Dit kan die eienaar of enige persoon met gedelegeerde gesag wees. Verstrek die besonderhede van die damontwerper of konsultant en die kontrakteur wat die dam en verwante strukture opgerig het.
LIGGING VAN DAM
Die stad of dorp naaste aan die dam, wat nie noodwendig dieselfde is as waar die dameienaar of aansoeker woonagtig is nie.
Meet die afstand in 'n reguit lyn tussen die middel van die damwal en die poskantoor of stadsaal van die stad of dorp.
Die pyltjies dui die kompasrigting van die naaste stad of dorp na die middel van die damwal aan, in 'n reguit lyn en nie padlangs nie.
n Pyltjie boontoe beteken dat die dam ongeveer noord van die naaste stad of dorp is, en so aan.
:50 000 topografiese kaarte is verkrygbaar van die Staatsdrukker teen 'n nominale bedrag, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou.
Skryf die geografiese ligging in, óf in grade (°), minute (') en sekondes ("), óf in desimale grade. Die geografiese ligging kan afgelees word van 'n 1:50 000 topografiese kaart, wat teen nominale koste verkrygbaar is van die Staatsdrukker, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou, of kan bepaal word met behulp van 'n GPS-instrument (Geographic Positioning System).
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
KLASSIFIKASIE-INLIGTING 3.1
TEGNIESE INLIGTING 4.2a 4.2b 4.3
BESTAANDE MAGTIGINGS
Die klassifikasie van die dam word deur die Damveiligheidskantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou gedoen.
Enige dam met 'n veiligheidsrisiko moet geklassifiseer word.
Maximum wall height beteken die vertikale verskil van die laagste stroomaf grondvlak aan die buitekant van die damwal en die nie­oorloopkruinvlak of die algemene bovlak van die damwal.
Kruinlengte van damwal sluit die lengte van die oorloop in, waar van toepassing.
Waterdiepte by volvooraadhoogte word gemeet van die oorloopvlak (d.w.s. volvoorraadhoogte) na die laagste punt in die natuurlike stroom indien die damwal oor 'n stroom gebou is. So nie word dit gemeet van die maksimum oorloopvlak na die laagste punt op die natuurlike grond waarop die dam gebou is.
Die damkomvorm moet die mees toepaslike beskrywing van die vorm wees.
Vir instroomopgaring moet die lengte langs die hartlyn van die dam en die breedte by die breedste punt van die dam gemeet word. Albei metings moet by die hoogste watervlak, d.w.s. volvoorraadhoogte, gedoen word.
Sien omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2C: Belemmering of wegkeer van die vloei van water in 'n waterloop
Die belemmering of wegkeer van die vloei van water in 'n waterloop het betrekking op 'n bedrywigheid of struktuur wat 'n klein uitwerking op die normale vloei in 'n rivier of stroom het.
Die belemmering van vloei het betrekking op strukture soos laagwaterbrûe, kaaie en keerwalle met 'n lae vloeiuitlaat wat opgerig is vir die doel van hidrologiese monitering.
Die wegkeer van vloei het betrekking op die kanalisering van 'n waterloop binne die natuurlike loop, of op die wegkeer van die vloei via 'n pyp in of om die natuurlike loop van 'n waterloop. Die waterloop self bly onveranderd.
Die wegkeer van vloei kan nodig wees vir die oprigting of instandhouding van geboue of paaie, of vir prospekteerbedrywighede.
Let wel: Rivierverleggings maak NIE deel van hierdie watergebruik uit nie. Vorm DW 768 is bedoel vir rivierverleggings wat die herbou van 'n waterloop en die wegkeer van 'n rivier uit sy natuurlike loop behels.
Let wel: 'n Struktuur wat water kan hou, opgaar of opdam, maak NIE deel van hierdie watergebruik uit nie. Sulke strukture moet onder die opgaar van water geregistreer word op vorm DW 761.
GEDEELTES OP VORM
AARD VAN BEDRYWIGHEID
WATERHULPBRON-INLIGTING
BELEMMERING VAN VLOEI 3.1
VERDUIDELIKINGS
Kies óf belemmering óf wegkeer. Gebruik twee afsonderlike vorms as u albei wil registreer.
In dien die waterhulpbron nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
Skryf die geografiese ligging in, óf in grade (°), minute (') en sekondes ("), óf in desimale grade. Die geografiese ligging kan afgelees word van 'n 1:50 000 topografiese kaart, wat teen nominale koste verkrygbaar is van die Staatsdrukker, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou, of kan bepaal word met behulp van 'n GPS-instrument (Geographic Positioning System).
Indien die waterhulpbron nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
Hoogte beteken die vertikale verskil van die laagste stroomaf grondvlak aan die buitekant van die damwal en die nie­oorloopkruinvlak of die algemene bovlak van die damwal.
Meet die hoogte aan die stroomaf kant van die struktuur.
Die breedte is die dikte van die struktuur. Die breedste deel van die struktuur is gewoonlik by sy voet. Laagwaterbrûe is byvoorbeeld gewoonlik drie meter breed, sodat een voertuig op 'n slag daaroor kan ry.
Die lengte is die lengte aan die bokant van die struktuur. Dit kan byvoorbeeld gemeet word van die een wal van die rivier na die ander indien die struktuur oor die rivier strek.
Materiale sluit grond, rots, beton en dies meer in.
Die aantal belemmerende strukture moet die struktuur insluit wat op die huidige registrasievorm beskryf is.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
WEGKEER VAN DIE VLOEI
BESKRYWING VAN BEDRYWIGHEID
BESTAANDE MAGTIGING
Skryf die geografiese ligging in, óf in grade (°), minute (') en sekondes ("), óf in desimale grade. Die geografiese ligging kan afgelees word van 'n 1:50 000 topografiese kaart, wat teen nominale koste verkrygbaar is van die Staatsdrukker, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou, of kan bepaal word met behulp van 'n GPS-instrument (Geographic Positioning System).
Die begin van die wegkering is die stroomop ligging en die end daarvan die stroomaf ligging.
Indien die wegkeerstruktuur nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
Hoogte beteken die vertikale verskil van die laagste stroomaf grondvlak aan die buitekant van die damwal en die nie­oorloopkruinvlak of die algemene bovlak van die damwal.
Die breedte is die dikte van die struktuur. Die breedste deel van die struktuur is gewoonlik by sy voet.
Die lengte is die afstand van die wegkering al langs die waterloop. Dit word gemeet van die begin tot by die einde van die wegkering.
Materiale sluit grond, rots, beton en dies meer in.
Die aantal wegkeerstrukture moet die struktuur insluit wat op die huidige registrasievorm beskryf is.
Die vloeitempo voor en na die wegkering of belemmering moet ingevul word as u die inligting het.
Meld die doel van die bedrywigheid wat die vloei in die waterloop affekteer.
Dit is die afstand in meter gemeet van die middel van die waterloop tot by die naaste rand van die mynbedrywigheid.
Sien omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2D: Deelname aan 'n stroomvloeiverminderings­bedrywigheid: Kommersiële bebossing
Hierdie vorm is bedoel vir die stroomvloeiverminderingsbedrywigheid kommersiële bebossing.
GEDEELTES VAN VERDUIDELIKINGS
VORM
WATERHULPBRON­ 1.1
Vul die naam in van die landdrosdistrik waarin die
INLIGTING 1.2 1.3 1.4
stroomvloeiverminderingsbedrywigheid plaasvind. Dit is die landdrosdistrik waarin die eiendom geleë is. Skryf die geografiese ligging in, óf in grade (°), minute (') en sekondes ("), óf in desimale grade. Die geografiese ligging kan afgelees word van 'n 1:50 000 topografiese kaart, wat teen nominale koste verkrygbaar is van die Staatsdrukker, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou, of kan bepaal word met behulp van 'n GPS-instrument (Geographic Positioning System). Heg óf 'n 1:10 000-ortofoto óf 'n 1:50 000 topografiese kaart aan wat duidelik aandui waar die bedrywigheid plaasvind. Merk die soort/e waterhulpbronne op die eiendom met 'n X. Merk meer as een blokkie as daar meer as een soort waterhulpbron is.
BESKRYWING VAN WATERGEBRUIK
BESTAANDE MAGTIGING
Meld elk van die spesies en die voorkoms daarvan in hektaar.
Selfsaaibome is bestaande plantasiespesies wat verspreid oor 'n gedeelte grond voorkom. In so 'n geval moet 'n raming van die aantal hektaar wat deur dié bome bedek word, verstrek word.
Planted before 1972 het betrekking op plantasies wat voor 1972 gevestig is, en sluit nie selfsaaibome in nie.
Planted after 1972 het betrekking op plantasies wat ná 1972 gevestig is, en sluit nie selfsaaibome in nie.
Sluit slegs besonderhede van boomspesies in. Let op dat vrugteboorde nie as bebossing beskou word nie.
Other species sluit verklaarde uitheemse en indringerspesies in wat op die eiendom voorkom.
Sien omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2E: Deelname aan 'n beheerde bedrywigheid: Besproeiing van enige grond met afval of water wat afval bevat wat deur enige industriële bedrywigheid of deur 'n waterwerk voortgebring is
Hierdie vorm is bedoel vir die beheerde bedrywigheid van besproeiing met afvalwater.
Besproeiing met afvalwater is NIE dieselfde as besproeiing met water wat uit 'n waterhulpbron geneem is nie.
Besproeiing met afvalwater kan beskou word as 'n vorm van afvalwaterbehandeling waar die watergebruiker nie die water kan behandel tot 'n aanvaarbare gehalte en na 'n hulpbron kan terugvoer nie. Deur met hierdie water te besproei in plaas daarvan om daaroor te beskik, word die moontlike inwerking op die hulpbron tot die minimum beperk.
Besproeiing met afvalwater moet op so 'n wyse gedoen word dat 'n gewas verbou word met behulp van die besproeiing. Dit is 'n aanduiding dat die besproeiing volhoubaar is en nie agteruitgang van die grond meebring nie.
Bespoeiing van grasperke en weiding is ook aanvaarbaar. Besproeiing van onontwikkelde veld sonder die verbouing van 'n gewas word egter nie beskou as 'n produktiewe watergebruikbedrywigheid nie.
Besproeiing met afvalwater moet voldoen aan enige toepaslike gesondheidsregulasies en soneringsverordeninge.
GEDEELTES VAN VERDUIDELIKINGS
VORM
BESKRYWING VAN
Sien omskrywing van Afvalwater in Afdeling 3.
AFVALWATER 1.2 1.3 1.3b
Hierdie opsie is vir enige kombinasie van huishoudelike en bioafbreekbare nywerheidsafvalwater. Die persentasie per volume is die proporsie van die totale hoeveelheid afvalwater wat uit nywerheidsafvalwater bestaan. Sien die omskrywing van SNK'S in Afdeling 3.
BESKRYWING VAN 2.1BESPROEIING
BESTAANDE MAGTIGING
Verstrek die totale oppervlakte in hektaar wat op enige tyd met afvalwater besproei kan word.
Die totale volume afvalwater wat vir besproeiing gebruik is, is die afvalwater aangewend op die oppervlakte grond in 2.1 gespesifiseer. Hierdie volume moet nie enige reënwater-of stormwaterafloop wat gedurende die jaar vir besproeiing gebruik word, insluit nie.
Talle afvalwaterbesproeiingsbedrywighede vind slegs sekere tye van die jaar plaas. Die volume wat per maand vir besproeiing gebruik word, of so nie die persentasie van die totale hoeveelheid as 'n raming, moet verstrek word.
Sien omskrywing Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2F: Storting van afval of water wat afval bevat, in 'n waterhulpbron deur middel van 'n pyp, kanaal, riool, see-uitloop of ander geleiding
Hierdie vorm is bedoel vir die storting van afvalwater regstreeks in 'n bogrondse waterhulpbron, gewoonlik deur middel van 'n pyp of kanaal.
Die storting van afvalwater in 'n waterdraer of in grondwater word NIE by hierdie watergebruik ingesluit nie. Hierdie gebruik is 'n beheerde bedrywigheid (sien Afdeling 3 vir omskrywing).
Gewoonlik word water wat huishoudelike of nywerheidsafval bevat, weggedoen.
Afvalwater wat verhit is in 'n industriële of kragopwekkingsproses, kan ook in 'n waterhulpbron gestort word en kan met behulp van hierdie vorm geregistreer word.
GEDEELTES VAN VORM VERDUIDELIKINGS
BESKRYWING VAN AFVALWATER 1.2 1.3 1.3b 1.3d
Sien omskrywing van AFVALWATER in Afdeling 3.
Hierdie opsie is vir enige kombinasie van huishoudelike en bioafbreekbare nywerheidsafvalwater.
Die persentasie per volume is die proporsie van die totale hoeveelheid afvalwater wat uit nywerheidsafvalwater bestaan.
Sien die omskrywing van SNK'S in Afdeling 3.
Dit moet die temperatuur by storting wees. Indien die afvalwater in 'n houtenk gehou word totdat dit omgewingstemperatuur bereik het, moet hierdie vraag geïgnoreer word.
BESKRYWING VAN WATERGEBRUIK 2.2
Storting kan teen verskillende tempo's deur die jaar plaasvind. Die presiese volume wat per maand gestort word, of so nie die persentasie van die totale hoeveelheid as 'n raming, moet verstrek word.
Sien omskrywing van Waterhulpbron in Afdeling 3.
Indien die waterhulpbron nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
Die soort waterhulpbron het slegs op bogrondse liggame water betrekking. Let op dat slegs een soort hulpbron gekies moet word. Vir die registrasie van meer as een stortingspunt moet 'n afsonderlike vorm DW 766 ingevul word vir elke punt.
Skryf die geografiese ligging in, óf in grade (°), minute (') en sekondes ("), óf in desimale grade. Die geografiese ligging kan afgelees word van 'n 1:50 000 topografiese kaart, wat teen nominale koste verkrygbaar is van die Staatsdrukker, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou, of kan bepaal word met behulp van 'n GPS-instrument (Geographic Positioning System).
Dui die betroubaarheid van die waterhulpbron aan deur slegs een opsie te kies.
BESTAANDE MAGTIGING
Sien omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2G: Beskikking oor afval op 'n wyse wat nadelig op 'n waterhulpbron kan inwerk
Hierdie vorm is bedoel vir die beskikking oor afvalwater in verdampingsdamme, oksideerdamme, of 'n afvalwater-damstelsel. Dit is ook van toepassing op die storting van nywerheidsas en mynresidu, wat hoofsaaklik uit vaste afvalstowwe kan bestaan.
Wegdoenstelsels op terrein vir -
nywerheidsafvalwater, en huishoudelike afvalwater in gemeeskaplike septiese tenks wat meer as 50 huishoudings bedien, moet ook met hierdie vorm geregistreer word.
Wegdoening van afvalwater wat verhit is in 'n industriële of 'n kragopwekkingsproses, moet ook met hierdie vorm geregistreer word.
Die wegdoen van afval op 'n vaste-afvalterrein moet met vorm DW 808 geregistreer word.
GEDEELTES OP VORM VERDUIDELIKINGS
AARD VAN AFVAL WAAROOR BESKIK GAAN WORD 1c 1d
Sien omskrywing van AFVALWATER in Afdeling 3.
Die persentasie per volume is die proporsie van die totale hoeveelheid afvalwater wat bestaan uit huishoudelike afvalwater 1a of nywerheidsafvalwater 1b.
Nywerheidsasstorting het betrekking op die vaste asafval afkomstig van die verbranding van steenkool in die kragopwekkingsbedryf.
Mynresidustorting het betrekking op vaste en halfvaste afval afkomstig van mynbedrywighede.
HUISHOUDELIKE AFVALWATER 2.1 2.2 2.2b 2.2c
Sien omskrywing van Afvalwater in Afdeling 3.
Verstrek die stelselkapasiteit as die totaal van al die damme in kubieke meter, die aantal damme en die jaarlikse totale volume afvalwater waaroor beskik is, in kubieke meter.
Hierdie afdeling is slegs op plaaslike owerhede van toepassing.
Die digtheid van stortingsterreine het betrekking op woongebiede waar wegdoening op terrein die oorheersende manier van sanitasie is.
Die aantal huishoudings het betrekking op die beraamde totale aantal huishoudings met wegdoening op terrein in die gebied van die plaaslike owerheid.
Sien omskrywing van Afvalwater in Afdeling 3.
Sien die omskrywing van SNK'S in Afdeling 3.
Gee die grootte van die stortterrein in hektaar en die jaarlikse hoeveelheid afval wat weggedoen word, óf in kubieke meter óf in ton.
Indien die stortterrein nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL 7: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Gee die grootte in hektaar van die asstortterrein en die jaarlikse hoeveelheid as wat gestort word, óf in kubieke meter óf in ton.
Indien die asstortterrein nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
MYNRESIDU-STORTING
Sien omskrywing van Kategorieë van Myne in Afdeling 3.
Gee die grootte in hektaar van die mynresidu-stortterrein en die jaarlikse hoeveelheid residu wat gestort word, óf in kubieke meter óf in ton.
Indien die mynresidu-stortterrein nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
BESTAANDE MAGTIGING
Sien omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
Registrasie, Deel 2I: Verandering van die bedding, walle, loop of kenmerke van 'n waterloop
Die verandering van die bedding en walle van 'n waterloop het betrekking op die bedrywighede wat in of langs 'n waterloop plaasvind maar wat NIE die vloei in die waterloop belemmer of wegkeer nie. Vorm DW 763 moet ingevul word ten opsigte van belemmerings- en wegkeerstrukture.
Voorbeelde van die verandering van die bedding en walle van 'n waterloop is tipies sandmyn-en kleinskaalse prospekteerbedrywighede.
Voorbeelde van die verandering van die walle kan strek van die belandskapping van rivierwalle tot kanaliseringsbedrywighede (waar geen wegkering van vloei plaasvind nie) en die bou van voetpaadjies, paaie, brûe en ander ontwikkelings op 'n rivierwal.
Verandering van die loop of kenmerke van 'n waterloop het betrekking op groot veranderinge wat 'n waterloop vir 'n aansienlike afstand langs 'n nuwe roete lei.
Verandering van die loop van 'n waterloop het vroeër bekend gestaan as "rivierverlegging". Die term wegkeer van die vloei ("diverting flow") word egter tans gebruik met betrekking tot klein aanpassings soos bespreek met betrekking tot vorm DW 763. Die term verlegging ("diversion") word nie meer gebruik ten opsigte van 'n waterloopverandering nie.
Party veranderinge kan tydelik wees en is slegs vir 'n beperkte tydperk daar, waarna die oorspronklike waterloop herstel word. Ander veranderinge is weer permanent, met geen voorneme om die oorspronklike waterloop te hesrtel nie.
Die veranderde waterloop -
kan uiteindelik weer by die oorspronklike kanaal aansluit, miskien 'n paar kilometer stroomaf;
kan by 'n ander waterloop aansluit in 'n ander opvanggebied; of kan nooit by die oorpsonklik kanaal aansluit nie en uiteindelik in die see of 'n dam of meer invloei.
GEDEELTES VAN VORM VERDUIDELIKINGS
Indien die waterloop nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
Indien die verandering nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
BESONDERHEDE VAN DIE WATERGEBRUIK 2.1 2.2 2.3 2.5
Skryf die geografiese ligging in, óf in grade (°), minute (') en sekondes ("), óf in desimale grade vir sowel die begin as die einde van die verandering. Die geografiese ligging kan afgelees word van 'n 1:50 000 topografiese kaart, wat teen nominale koste verkrygbaar is van die Staatsdrukker, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou, of kan bepaal word met behulp van 'n GPS­instrument (Geographic Positioning System).
Die lengte van die waterloop wat geraak word het betrekking op die afstand gemeet al langs die waterloop, byvoorbeeld langs die rivierwal in die geval van 'n veranderde rivier.
Meld of dit die bedding of die walle of albei is wat geraak word deur die verandering. Let op dat aansoek om die verandering van die loop van 'n waterloop gedoen moet word op vorm DW 781.
'n Tydelike verandering geld net vir 'n beperkte tydperk, waarna die waterloop tot sy oorspronklike toestand herstel moet word. Dit kan 'n paar maande of 'n paar jaar wees.
'n Permanente verandering is een ten opsigte waarvan daar geen bedoeling is om die oorspronklike waterloop te herstel nie.
Sien omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2J: Verwydering, storting of wegdoening van water wat ondergronds gevind is, indien dit nodig is vir die doeltreffende voortsetting van 'n bedrywigheid of vir die veiligheid van mense
Hierdie vorm is bedoel vir die registrasie van die verwydering van ondergrondse water soos water wat in 'n myn of konstruksieterreine insyfer.
Dit het NIE betrekking op die neem van grondwater vir 'n ander doel soos vir drinkwater, besproeiing of nywerheidsbedrywighede nie. Vir die neem van grondwater moet vorm DW 760 ingevul word.
Algemene voorbeelde van hierdie watergebruik, sluit die volgende in:
die ontwatering van myne die verwydering van ondergrondse water uit konstruksieterreine ten einde die voortsetting van konstruksiewerk moontlik te maak die verwydering van water uit geboue waar grondwater in die fondamente insyfer
Die ontwatering van myne en die gebruik van die water daarna moet voldoen aan die Mynbouregulasies.
GEDEELTES VAN VORM VERDUIDELIKINGS
Indien die terrein waar die verwydering van ondergrondse water plaasvind, nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
Skryf die geografiese ligging in, óf in grade (°), minute (') en sekondes ("), óf in desimale grade. Die geografiese ligging kan afgelees word van 'n 1:50 000 topografiese kaart, wat teen nominale koste verkrygbaar is van die Staatsdrukker, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou, of kan bepaal word met behulp van 'n GPS-instrument (Geographic Positioning System).
BESONDERHEDE VAN DIE WATERGEBRUIK 2.1a 2.1b 2.2
Dit is die totale hoeveelheid water wat in 'n tydperk van een jaar verwyder word. Die verwydering kan deur die jaar deurlopend plaasvind, of op sekere tye van die jaar.
Die maksimum hoeveelheid wat per dag verwyder word, is die grootste volume water wat nog ooit op 'n bepaalde dag verwyder is.
Nadat die water verwyder is, moet die storting of wegdoening daarvan geregistreer word op vorm DW 766 of DW 767, na gelang van die geval.
Indien die water opgegaar word nadat dit ondergronds verwyder is, moet vorm DW 761 ook ingevul word.
BESTAANDE MAGTIGING
Sien die omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: HOE OM DIE VORMS VIR DEEL 2 VAN REGISTRASIE IN TE VUL
Registrasie Deel 2K: Watergebruik vir Ontspannings Doeleindes
Hierdie vorm is bedoel vir die registrasie van ontspanningsbedrywighede in of op 'n wateroppervlak.
Dit het NIE betrekking op die watergebruikbedrywighede wat met ontspanning in verband staan nie, soos die neem van water vir gebruik in waskamergeboue by oorde of die wegdoen van afval in ontspanningsfasiliteite .
Private ontspanningbedrywighede soos hengel in 'n plaasdam of swem in 'n rivier hoef nie geregistreer te word nie, mits die persoon wettige toegang tot die waterhulpbron het.
Die organiseerders van kommersiële ontspanningsbedrywighede moet die watergebruik registreer.
Individuele ontspanningswatergebruikers hoef NIE te registreer as hulle die fasiliteite van 'n geregistreerde organisasie gebruik nie.
GEDEELTES VAN VORM VERDUIDELIKINGS
WATERHULPBRON-INLIGTING 1.1 1.2 1.3
Indien die waterhulpbron nie 'n bepaalde naam het nie, skryf "geen naam" in.
Skryf die geografiese ligging in, óf in grade (°), minute (') en sekondes ("), óf in desimale grade. Die geografiese ligging kan afgelees word van 'n 1:50 000 topografiese kaart, wat teen nominale koste verkrygbaar is van die Staatsdrukker, of van die naaste kantoor van die Departement van Waterwese en Bosbou, of kan bepaal word met behulp van 'n GPS-instrument (Geographic Positioning System).
Indien die ontspanningsbedrywigheid meer as een waterhulpbron behels, moet 'n afsonderlike vorm DW 806 vir elke hulpbron ingevul word.
BESKRYWING VAN WATERGEBRUIK 2.1
Kies enige van die gelyste bedrywighede of spesifiseer 'n bykomende bedrywigheid. Indien geen vaartuie gebruik word nie, moet hierdie kolom oop gelaat word.
Die aantal mense het betrekking op die mense wat deelneem aan die ontspanningsbedrywigheid. Dit sluit NIE mense in wat die bedrywigheid bedien nie, soos die personeel van 'n oord.
BESTAANDE MAGTIGING
Sien omskrywing van Bestaande Magtiging in Afdeling 4.
: BRONNE VAN HULP MET REGISTRASIE EN KONTAKBESONDERHEDE
AFDELING 8 BRONNE VAN HULP MET REGISTRASIE EN KONTAKBESONDERHEDE IN DIE DEPARTEMENT VAN WATERWESE EN BOSBOU
Die onderskeie kantore van die Departement van Waterwese en Bosbou deur die land is gereed om aan u dieregte vorms wat ingevul moet word, te verskaf en om u te help om die vorms in te vul.Vorms kan ook van die Departement se Webtuiste verkry word by http:\\www-dwaf.pwv.gov.zaVra na die Registrasiehulplessenaar by die streekkantoor wat u gebied bedien.
Hoofkantoor en streekkantore
Hoofkantoor
Departement van Waterwese en Bosbou Privaat Sak X313 PRETORIA 0001 Tel.: 336 8752 Faks: 326 1488
Departement van Waterwese en Bosbou Posbus 528 BLOEMFONTEIN 9300 Tel.: 430 3134 Faks: 430 8146
Noord-Kaap
Departement van Waterwese en Bosbou Privaat Sak X6101 KIMBERLEY 8300 Tel.: 81 4125 Faks: 81 5682
Oos-Kaap
Departement van Waterwese en Bosbou Posbus 1018 DURBAN 4000 Tel.: 336 2700 Faks: 304 9546
Departement van Waterwese en Bosbou Privaat Sak X8007 HENNOPSMEER 0046 Tel.: 672 2880 Faks: 672 2885
Noordelike Provinsie
Departement van Waterwese en Bosbou Privaat Sak X9506 PIETERSBURG 0700 Tel.: 295 9410/1/2/3/4/5 Faks: 295 3215
Wes-Kaap
Departement van Waterwese en Bosbou Privaat Sak X16 SANLAMHOF 7532 Tel.: 950 7100 Faks: 946 3664
Departement van Waterwese en Bosbou Privaat Sak X11259 NELSPRUIT 1200 Tel.: 752 4183/4 Faks: 755 1678
Noordwes
Departement van Waterwese en Bosbou Privaat Sak X5 MMABATHO 2735 Tel.: 84 3270 Faks: 2 2998
